top of page

Geloof.Hoop.Liefde

Kerk
in Afrikaans

  • Youtube
  • Facebook
  • Instagram
WIE IS ONS

WIE IS ONS

Matteus 18:20

Want waar daar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.

Ons is 'n groep Afrikaanse Suid-Afrikaners, wat graag saam in ons moedertaal, passievol Jesus wil dien en eer. Omgee en ondersteuning lê ons na aan die hart. Ons wil graag saam met jou 'n pad stap om as Christen-gemeenskap in Jesus te groei.

Wat kan ons vir jou beteken? Hoe kan jy ons versterk? Kom beleef ons diens, aanbidding en gesellige klets na die tyd. Sien uit daarna om jou te verwelkom!

BYEENKOMSTE

VOLGENDE BYEENKOMSTE

Dagboek die datums vir ons maandelikse byeenkomste in 2024!

Tyd: 14:30

25 Februarie

24 Maart

21 April

26 Mei

30 Junie

8 September

13 Oktober

10 November

SKAKEL IN KOM SLUIT NOU AAN
Praying

KOM SKAKEL NOU IN

En raak deel van ons geestelike familie!

 

Kliek asb op die skakels hieronder en kontak ons om betrokke te raak by een of meer van die volgende:

MUSIEKBEDIENING

GEMEENSKAP

Kinderbediening.png

KINDERBEDIENING

ONS GLO

ONS GLO

Ons glo dat die Bybel God se Woord is. Ons streef daarna om God te verheerlik deur mense vir Jesus Christus te wen en toe te rus om getroue dissipels te wees, totdat Hy weer kom om Sy kerk te kom haal.

Ons glo dat God Heilig en Almagtig is en die Skepper is van hemel en aarde.

Ons glo dat Jesus Christus aan die kruis gesterf het en weer opgestaan het, om die straf vir menslike sonde te dra. Ons glo dat elkeen wat hul sonde aan God erken en bely en hul geloof in Jesus Christus alleen plaas vir hul verlossing, deur genade vir ewig kan en sal gered word.

Ons glo dat Heilige Gees in elke gelowige woon, hul daagliks lei en vertroos.

Ons glo dat God wil hê dat elke gelowige geestelik moet groei en dat Hy wil hê dit in ons lewens en die lewens van ons gesinne weerspieël moet word.

VIDEO
SEëNGEBED // Retief Burger // OFFICIAL lyric video

SEëNGEBED // Retief Burger // OFFICIAL lyric video

Video afspelen
CONTACT
bottom of page